Deprecated: iconv_set_encoding(): Use of iconv.internal_encoding is deprecated in /home/zs1otb/public_html/letsplay.co.za/libraries/joomla/string/string.php on line 28

Deprecated: iconv_set_encoding(): Use of iconv.input_encoding is deprecated in /home/zs1otb/public_html/letsplay.co.za/libraries/joomla/string/string.php on line 29

Deprecated: iconv_set_encoding(): Use of iconv.output_encoding is deprecated in /home/zs1otb/public_html/letsplay.co.za/libraries/joomla/string/string.php on line 30

Warning: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at /home/zs1otb/public_html/letsplay.co.za/libraries/joomla/string/string.php:28) in /home/zs1otb/public_html/letsplay.co.za/plugins/system/jat3/jat3/core/parameter.php on line 107
Wat is Amateur Radio?

Wat is Amateur Radio?

Ek is 'n gekwalifiseerde Radio Tegnikus vanaf 1983 en 'n Radio Amateur vanaf 1994.

My huidige werk laat my baie tyd op die pad en dus ook op die lug. Baie luisteraars en radio amateurs vra die vraag; Hoekom sal ek 'n amateur wil word, of maak die stelling, 'Ek weet nie hoekom ek die stokperdjie bedryf nie'.

So, wat IS amateur radio?? In gesprek 'n ruk gelede, met die ARRL Handbook onder bespreking, het ek skielik duidelik besef, dat nie twee mense se ondervinding in die stokperdjie kan en/of sal dieselfde wees nie! Dit lees nie soos 'n boek, van voor na agter nie (my verwysing na die handboek)!! Dis 'n vreemde 'boek'; elke 'leser' sien 'n ander 'indeks'; so 'sien' jy ook 'advertensies' vir party onderwerpe, maar waneer jy begin 'lees', kry jy nie wat 'ge-adverteer' word nie!!! Die boek het baie 'hoofstukke', en jy kan enige, almal of slegs een 'hoofstuk' lees, in geen volgorde nie.

Ek vermoed die teleurstelling tree in waneer jy nie die stokperdjie beleef soos die eerste indrukke, wat jou belangstelling gaande gemaak het nie. "n Slegte gewoonte wat bydra tot die teleurstelling, is dat ons mense 'forseer' om ons 'boek' te lees. Heelwat mense word ingeboender in die stokperdjie en hulle halfwas belangstelling veroorsaak dan dat hulle net verdwyn in die agtergrond. Kwaliteit voor kwantiteit!!

Amateur radio is 'n 'groep sport'; daar is bitter min wat jy op jou eie kan doen! Dit gaan om kommunikasie eerste en die ontwikkeling daarvan 'n gelyke tweede. Of jy nou hou van QRP (lae krag) of mega krag en antennae stapels, antennae ontwikkeling, paket radio, SATV (SSTV), APRS, Digitale Modes, AMA (EME), DX jag, tuisbrouery, sommer net lappe kou, of al die bogenoemde, ons neem almal deel op ons eie vlak en kan selfs 'bo' ons vlak meeding! Ons stokperdjie kan bekostigbaar wees, of die bank breek.

Om op te som: Amateur Radio is 'n volledige, dik boek, met die meeste blaaie aanmekaar geplak. Party van ons gaan net een 'hoofstuk' lees, party so 'n bietjie meer, ander sommer baie meer en ek twyfel of enige iemand die hele 'boek' ordentlik gaan/kan lees! Die 'boek' word ook gedurig op gedateer. Die 'boek' maak sin van begin tot einde, die lekker is om die tussen blaaie ook los te maak, wat vrae beantwoord, nog vrae skep en so die kringloop stimuleer vir die soekende siel!!!!!

Outeur: D.J. Conradie (Kobus) ©

Letsplay!!™ Radio